Averroes

Ibn Rušd
ابن رشد
Averroes
Standbeeld van Averroes in Córdoba, Spanje

Geboortenaam Abū 'l-Walīd Muḥammad
Gebore (1126-04-14)14 April 1126
Córdoba, Al-Andalus, Almoravid-dinastie (nou Spanje)
Oorlede 10 Desember 1198 (op 72)
Marrakesj, Magreb, Almohad-dinastie (nou Marokko)
Vakgebied Islamitiese teologie, filosofie, wiskunde, medisyne, fisika, astronomie
Bekend vir Rekonsiliasie van Aristotelianisme met Islam
Beïnvloed deur Aristoteles, Alexander van Aphrodisias, Philoponus, Al-Farabi, Ibn Bājja, Ibn Zuhr
Invloed op Siger van Brabant, Boetius van Dacia, Thomas van Aquino,[1] Maimonides,[2] Baruch Spinoza[3]

Abū 'l-Walīd Muḥammad ibn Aḥmad ibn Rushd, beter bekend as Ibn Rushd of as Averroes (Córdoba (Spanje), 1126Marrakesj (Marokko), 1198) was 'n Islamitiese juris, dokter en filosoof. Van die vroeë Islamitiese geleerdes was hy die mees beduidende kenner van die filosofie van Aristoteles.

Averroes was nie alleen 'n Aristoteles-kommentator by uitstek nie, maar toon homself as 'n ware veelweter. Hy was 'n meester in Islamitiese filosofie, teologie, die Malikiete reg, die Islamitiese regspleging, logika, psigologie en politiek. Hy was ook onderlê in Arabiese musiekteorie, geneeskunde, astronomie, geografie, wiskunde, fisika en ruimte meganika. Sy filosofiese en religieuse skool staan bekend as averroïsme. Hy word beskryf as die grondlegger van die sekularistiese gedagtegoed in Wes-Europa en as "een van die spirituele vaders van Europa."

  1. A.C. Brown, Jonathan (2014). Misquoting Muhammad: The Challenge and Choices of Interpreting the Prophet's Legacy. Oneworld Publications. p. 12. ISBN 978-1780744209. Thomas Aquinas admitted relying heavily on Averroes to understand Aristotle.
  2. "H-Net Reviews" (in Engels). H-net.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2007. Besoek op 13 Oktober 2012.
  3. "Spinoza on Philosophy and Religion: The Averroistic Sources" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 3 Desember 2013. Besoek op 26 Mei 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search